22 Die kleremakers het die oorkleed vir die skouer-kleed gemaak van een stuk blou wol-materiaal.
23 In die middel was daar ’n gat en daar was ’n sterk rand rondom die gat sodat dit nie kon skeur nie.
24 Hulle het granate gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal. Hulle het die granate vasgewerk op die soom van die oorkleed.
25 Hulle het klokkies van skoon goud gemaak en hulle het die klokkies vasgewerk tussen die granate.
26 Daar was ’n klokkie langs elke granaat op die soom van die oorkleed. Die priester moes dit dra wanneer hy in die tempel werk. Hulle het dit gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
27 Die kleremakers het vir Aäron en sy seuns rokke gemaak van linne-materiaal.
28 Hulle het die tulband en kopdoeke gemaak van linne-materiaal en ook die broeke van goeie linne-materiaal.