26 Daar was ’n klokkie langs elke granaat op die soom van die oorkleed. Die priester moes dit dra wanneer hy in die tempel werk. Hulle het dit gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
27 Die kleremakers het vir Aäron en sy seuns rokke gemaak van linne-materiaal.
28 Hulle het die tulband en kopdoeke gemaak van linne-materiaal en ook die broeke van goeie linne-materiaal.
29 Die kleremakers het die skouer-serp gemaak van goeie linne-materiaal en van blou, pers en rooi wol-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het.
30 Hulle het ’n blom van skoon goud gemaak vir die tulband, en daarop geskryf soos ’n mens op ’n ring skryf: “Gewy aan die Here.”
31 Hulle het die blom met ’n blou woldraad aan die tulband vasgemaak. Hulle het dit gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
32 So het hulle al die werk klaargemaak by die tempel-tent, die tent waar die Here aan hulle verskyn het. Die Israeliete het alles gemaak presies soos die Here vir Moses gesê het.