5 Hulle het die belt gemaak wat by die skouer-kleed gepas het, hulle het dit van dieselfde materiaal gemaak. Hulle het dit gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het.
6 Hulle het oniks reggemaak en hulle het die edelstene vasgesit in goud. Hulle het die name van Jakob se twaalf seuns op die edelstene geskryf soos ’n mens op ’n ring skryf.
7 Hulle het die oniks vasgesit aan die skouerbande van die skouer-kleed. Die edelstene het die Here laat dink aan die twaalf stamme van Israel. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
8 Die kleremakers het ’n borssak gemaak op dieselfde manier as die skouer-kleed. Hulle het goud gebruik, en ook blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal.
9 Die borssak was vierkantig en dubbel gevou. Dit was ’n span lank en ’n span breed.
10 Hulle het vier rye edelstene op die borssak vasgesit:In die eerste ry was daar ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag.
11 In die tweede ry was daar ’n turkoois, ’n saffier en ’n jaspis.