11 Die Here het vir hom gesê: “Wie het vir die mens ’n mond gegee? Wie maak ’n mens stom of doof? Wie laat hom sien of nie sien nie? Dit is Ek, die Here.
12 Gaan nou, Ek sal jou help om te praat. Ek sal vir jou leer wat om te sê.”
13 Maar Moses het gesê: “Asseblief, Here, stuur iemand anders.”
14 Die Here het toe kwaad geword vir Moses en Hy het gesê: “Die Leviet Aäron is jou broer. Ek weet hy kan goed praat. Hy kom na jou toe, en hy sal bly wees om jou weer te sien.
15 Praat met hom en sê vir hom wat hy moet sê. Ek sal vir jou en vir hom help om te praat en Ek sal vir julle sê wat om te doen.
16 Aäron sal vir die volk sê wat jy vir hulle wil sê. Hy sal praat, en jy moet vir hom sê wat hy moet sê.
17 Jy moet die tekens met hierdie kierie doen. Neem dit saam.”