14 Die Here het toe kwaad geword vir Moses en Hy het gesê: “Die Leviet Aäron is jou broer. Ek weet hy kan goed praat. Hy kom na jou toe, en hy sal bly wees om jou weer te sien.
15 Praat met hom en sê vir hom wat hy moet sê. Ek sal vir jou en vir hom help om te praat en Ek sal vir julle sê wat om te doen.
16 Aäron sal vir die volk sê wat jy vir hulle wil sê. Hy sal praat, en jy moet vir hom sê wat hy moet sê.
17 Jy moet die tekens met hierdie kierie doen. Neem dit saam.”
18 Moses het na sy skoonpa Jetro toe gegaan en hy het vir Jetro gesê: “Ek wil asseblief teruggaan na my mense toe in Egipte, ek wil sien of hulle nog lewe.”Jetro het vir Moses gesê: “Jy mag gaan.”
19 Die Here het vir Moses in Midian gesê: “Gaan terug na Egipte, want die mense wat jou wou doodmaak, is klaar dood.”
20 Moses het sy vrou en sy seuns geneem en hy het hulle op ’n donkie laat ry. Hulle het teruggegaan na Egipte. Moses het die kierie saamgeneem waarmee hy die tekens van God moes doen.