20 Moses het sy vrou en sy seuns geneem en hy het hulle op ’n donkie laat ry. Hulle het teruggegaan na Egipte. Moses het die kierie saamgeneem waarmee hy die tekens van God moes doen.
21 Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer jy teruggaan na Egipte, dan moet jy voor die farao al die tekens doen wat Ek vir jou geleer het. Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, en hy sal julle nie laat gaan nie.
22 Dan moet jy vir die farao sê: ‘Die Here sê: Israel is vir My soos ’n oudste seun,
23 en Ek sê vir jou jy moet my seun laat gaan sodat hy My kan dien. As jy hom nie laat gaan nie, dan sal Ek jou oudste seun doodmaak.’ ”
24 Toe Moses-hulle een nag by ’n plek langs die pad geslaap het, het die Here daarnatoe gekom. Hy wou vir Moses doodmaak.
25 Moses se vrou Sippora neem toe ’n klipmes en sy sny haar seun se voorhuid af en sy raak daarmee aan Moses se voete. Sy het vir Moses gesê: “Jy is my man. Hierdie bloed sal jou beskerm.”
26 Toe sy dit sê, het die Here vir Moses gelos en Hy het Moses nie doodgemaak nie. Sippora het gedink aan die besnydenis toe sy dit gesê het.