1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Jy moet die tempel-tent opslaan op die eerste dag van die eerste maand. Dit is die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn.
3 Jy moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, in die tent neersit, agter die gordyn.
4 Jy moet die tafel bring en alles regsit wat daarby moet wees. Jy moet ook die lampstaander bring en die lampe aansteek.