3 Jy moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, in die tent neersit, agter die gordyn.
4 Jy moet die tafel bring en alles regsit wat daarby moet wees. Jy moet ook die lampstaander bring en die lampe aansteek.
5 Jy moet die goue wierook-altaar voor die kis sit waarin die tien gebooie is en jy moet die gordyn ophang in die ingang van die tempel-tent.
6 Jy moet die brandoffer-altaar neersit voor die tempel-tent, die tent waar Ek aan julle verskyn.
7 Jy moet die was-skottel neersit tussen die tent waar Ek aan julle verskyn en hierdie altaar, en jy moet water in die was-skottel gooi.
8 Jy moet die oop stuk grond rondom die tent toemaak en jy moet die gordyn ophang by die ingang na die oop stuk grond.
9 “Jy moet die salf-olie neem en jy moet die tempel-tent daarmee salf. Salf ook alles wat daarin is. Wy die tent en alles wat daarby moet wees. Die tent sal dan gewy wees.