9 “Jy moet die salf-olie neem en jy moet die tempel-tent daarmee salf. Salf ook alles wat daarin is. Wy die tent en alles wat daarby moet wees. Die tent sal dan gewy wees.
10 Salf ook die brandoffer-altaar en alles wat daarby moet wees. Jy moet die altaar wy, dan sal dit hoog-gewy wees.
11 “Jy moet die was-skottel en die voetstuk salf en dit ook wy.
12 Jy moet vir Aäron en sy seuns nader bring na die ingang van die tent waar Ek aan julle verskyn. Jy moet hulle met water was.
13 Jy moet vir Aäron die gewyde klere aantrek. Dan moet jy hom salf en hom wy, sodat hy my priester kan wees.
14 Jy moet sy seuns ook nader bring en jy moet die rokke vir hulle aantrek.
15 Salf hulle dan soos jy hulle pa gesalf het, sodat hulle my priesters kan wees. Jy moet hulle salf, dan sal hulle en hulle nageslag altyd my priesters wees.”