11 Julle moet self strooi gaan soek, maar julle werk word nie minder nie.”
12 Die Israeliete het oral in Egipte strooi gaan soek.
13 Die slawe-oppassers het gesê hulle moet vinnig werk. Hulle het gesê: “Julle moet elke dag soveel stene maak soos toe ons vir julle die strooi gegee het.”
14 Die slawe-oppassers het die voormanne van die Israeliete geslaan en gesê: “Hoekom het julle nie vandag soveel stene gemaak soos voorheen nie?”
15 Die voormanne van die Israeliete het toe by die farao gaan kla en gesê: “Hoekom doen jy dit met jou werkers?
16 Jy gee nie vir ons strooi nie, maar die slawe-oppassers sê vir ons: ‘Maak stene!’ Hulle slaan ons, maar dit is jóú mense wat verkeerd is.”
17 Maar die farao het gesê: “Julle is lui. Julle wil nie werk nie. Dit is hoekom julle aanhou sê julle wil vir die Here offers gaan bring.