3 Maar Ek sal die farao hardkoppig maak sodat Ek eers baie wonderwerke en tekens in Egipte kan doen.
4 Die farao sal nie na julle luister nie. Dan sal Ek die Egiptenaars swaar straf en Ek sal my volk, die Israeliete, uit Egipte bring.
5 Die Egiptenaars sal weet Ek is die Here. Hulle sal dit weet wanneer Ek hulle straf en wanneer Ek die Israeliete uit Egipte bring.”
6 Moses en Aäron het alles gedoen wat die Here vir hulle gesê het.
7 Moses was 80 jaar oud en Aäron was 83 jaar oud toe hulle met die farao gaan praat het.
8 Die Here het vir Moses en Aäron gesê:
9 “Wanneer die farao vir julle sê julle moet ’n teken wys, dan moet jy vir Aäron sê: ‘Neem jou kierie en gooi dit op die grond voor die farao. Die kierie sal in ’n slang verander.’ ”