23 Moses het sy kierie opgesteek in die lug. Die Here het donderweer en hael gestuur, en die weerlig het op die aarde geslaan. Die Here het baie hael laat val op Egipte.
24 Dit het baie gehael, en die weerlig het na al die kante toe geslaan. Daar was nog nooit so baie weerlig en hael in die hele Egipte nie, vandat daar mense woon.
25 Die hael het alles in Egipte plat geslaan, alles wat in die veld was, ook al die mense en diere. Die hael het al die plante in die veld plat geslaan, en dit het al die bome in die veld stukkend geslaan.
26 Maar in die land Gosen waar die Israeliete gewoon het, het dit nie gehael nie.
27 Die farao het vir Moses en Aäron laat roep en hy het vir hulle gesê: “Ek besef nou ek het ’n fout gemaak. Die Here was reg, en ek en my volk is verkeerd.
28 Julle moet tot die Here bid. Die vreeslike donderweer en die hael laat ons baie swaar kry. Julle mag nou weggaan. Ek sal julle nie langer hier hou nie.”
29 Moses het vir die farao gesê: “Wanneer ek uit die stad gaan, dan sal ek my hande uitsteek na die Here toe en ek sal bid. Die donderweer sal ophou en daar sal nie meer hael wees nie. Dan sal jy weet dat die aarde aan die Here behoort.