5 Die Here het besluit wanneer dit moet gebeur en Hy het gesê Hy sal dit die volgende dag doen.
6 Die Here het dit die volgende dag laat gebeur. Al die Egiptenaars se diere het gevrek, maar nie een van die Israeliete se diere het gevrek nie.
7 Die farao het mense gestuur om te gaan kyk. Hulle het gesien dat nie een van die Israeliete se diere gevrek het nie. Maar die farao het hardkoppig gebly. Hy het nie die Israeliete laat gaan nie.
8 Die Here het vir Moses en Aäron gesê: “Julle moet as uit ’n oond neem. Moses moet dit dan op in die lug gooi terwyl die farao kyk.
9 Die as sal fyn stof word en dit sal oor die hele Egipte waai. Dan sal daar op die mense en diere sere kom wat sal aanhou swel en oopgaan.”
10 Moses en Aäron het toe as uit ’n oond geneem en hulle het voor die farao gaan staan. Moses het die as in die lug gegooi. Die as het op die mense en diere gewaai en hulle het sere gekry.
11 Die towenaars kon nie dieselfde doen wat Moses gedoen het nie, want hulle was ook vol sere. Daar was sere op die towenaars en op al die Egiptenaars.