9 Elke dier se vlerke het geraak aan die vlerke van die dier langs hom. Hulle het nie weggedraai wanneer hulle beweeg het nie. Elke dier het reguit vorentoe beweeg.
10 Elke dier het vier gesigte gehad. Voor was die gesig van ’n mens, regs was die gesig van ’n leeu, links was die gesig van ’n bul en agter was die gesig van ’n arend.
11 Elke dier se boonste vlerke was oop en dit het geraak aan die vlerke van die twee diere links en regs langs hom. Met die ander twee vlerke het elke dier sy lyf toegemaak.
12 Elke dier het reguit vorentoe beweeg. Hulle het gegaan waar die Gees wou hê hulle moet gaan. Hulle het nie weggedraai wanneer hulle beweeg het nie.
13 Die vier diere het gelyk soos kole vuur, en hulle het ook gelyk soos die fakkels wat heen en weer tussen hulle gaan. Die vuur het helder geskyn, en daar het weerlig uit die vuur gekom.
14 Die diere het vinnig heen en weer gegaan soos weerlig.
15 En terwyl ek so na hulle kyk, sien ek ’n wiel op die grond langs elkeen van die vier diere.