1 Ek het gekyk en toe sien ek iets soos saffierklip bokant die hemeldak wat oor die koppe van die gerubs was. Ek het bokant die gerubs iets gesien wat soos ’n troon lyk.
2 Die Here het vir die man met die linne-klere gesê: “Jy moet tussen die wiele ingaan wat onder die gerubs is en jy moet jou twee hande vol warm kole maak. Dan moet jy die kole oor die stad gooi.”Ek het gesien die man gaan en hy doen dit.
3 Die gerubs het suid van die tempel gestaan toe die man daar kom. ’n Wolk het die binneste oop stuk grond toegemaak.
4 Die lig wat om die Here is, het opgegaan van die gerub en dit het bokant die tempel se drumpel gaan staan. Die tempel was vol van die wolk, en die oop stuk grond was vol van die blink lig wat om die Here is.
5 ’n Mens kon die vlerke van die gerubs hoor raas in die buitenste oop stuk grond. Dit was soos wanneer die Almagtige God praat.