13 Ek het gehoor iemand sê dit is wiele.
14 Elke gerub het vier gesigte gehad. Die eerste gesig was die gesig van ’n gerub, die tweede gesig was die gesig van ’n mens, die derde gesig was die gesig van ’n leeu en die vierde was die gesig van ’n arend.
15 Die gerubs het in die lug opgegaan. Dit was dieselfde diere wat ek by die Kebar-kanaal gesien het.
16 Wanneer die gerubs beweeg het, dan het die wiele langs hulle ook beweeg. Wanneer die gerubs met hulle vlerke in die lug opgegaan het, dan het die wiele nie weggedraai nie. Hulle het langs die gerubs gebly.
17 Wanneer die gerubs gestaan het, dan het die wiele ook gestaan, en wanneer die gerubs in die lug opgegaan het, dan het die wiele ook opgegaan. Die gees van die diere was in die wiele.
18 Die lig wat om die Here is, het weggegaan van die drumpel van die tempel en dit het bokant die gerubs gebly.
19 Ek het gesien hoe die gerubs hulle vlerke optel en in die lug opgaan. Toe hulle gegaan het, het die wiele saam met hulle gegaan. Hulle het gaan staan by die ingang van die poort oos van die tempel, en die lig wat om die Koning, die God van Israel, is, was bokant hulle.