19 Ek het gesien hoe die gerubs hulle vlerke optel en in die lug opgaan. Toe hulle gegaan het, het die wiele saam met hulle gegaan. Hulle het gaan staan by die ingang van die poort oos van die tempel, en die lig wat om die Koning, die God van Israel, is, was bokant hulle.
20 Dit was die diere wat ek onder die God van Israel gesien het by die Kebar-kanaal. Ek het geweet hulle is gerubs.
21 Elke gerub het vier gesigte gehad en dit het gelyk of daar hande onder hulle vlerke is, hande soos ’n mens se hande.
22 Hulle gesigte het gelyk soos die gesigte wat ek by die Kebar-kanaal gesien het. Elke gerub het reguit vorentoe gegaan.