3 Die gerubs het suid van die tempel gestaan toe die man daar kom. ’n Wolk het die binneste oop stuk grond toegemaak.
4 Die lig wat om die Here is, het opgegaan van die gerub en dit het bokant die tempel se drumpel gaan staan. Die tempel was vol van die wolk, en die oop stuk grond was vol van die blink lig wat om die Here is.
5 ’n Mens kon die vlerke van die gerubs hoor raas in die buitenste oop stuk grond. Dit was soos wanneer die Almagtige God praat.
6 Die Here het vir die man met die linne-klere gesê hy moet vuur gaan haal tussen die wiele tussen die gerubs. Die man het gegaan en hy het langs ’n wiel gaan staan.
7 ’n Gerub het sy hand uitgesteek na die vuur tussen die gerubs en hy het kole geneem en dit in die hande van die man met die linne-klere gesit. Die man het dit geneem en uitgegaan.
8 Ek het onder die vlerke van die gerubs iets gesien. Dit het gelyk soos menshande.
9 Toe ek weer kyk, sien ek vier wiele langs die gerubs. Daar was ’n wiel langs elke gerub. Die wiele het gelyk soos chrisoliet-klip.