1 Die Gees het my opgetel en gebring tot by die poort oos van die tempel, die poort wat by die oostekant is. Daar was 25 mans by die ingang van die poort. Ek het vir Jaäsanja seun van Assur en vir Pelatja seun van Benaja tussen hulle gesien. Hulle was leiers van die volk.
2 Die Here het vir my gesê: “Mens, hierdie manne is die manne wat verkeerde planne maak en wat vir die mense in hierdie stad sê watter slegte dinge hulle moet doen.
3 Hulle sê: ‘Ander mense moenie hier huise bou nie. Die stad is die pot en ons is die vleis wat in die pot moet wees, net ons.’
4 Daarom, mens, jy moet vir hulle sê wat Ek sê, jy moet dit sê.”
5 Toe kom die Gees van die Here in my en Hy sê vir my: “Jy moet vir hulle sê dat die Here sê: Volk Israel, dit is wat julle gesê het. Ek weet wat julle dink.
6 Julle het baie mense in hierdie stad vermoor, julle het die strate vol lyke gemaak.”
7 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Julle het dit gedoen, julle het die mense in die stad vermoor. Daarom is húlle die vleis, en die stad is die pot. Maar vir júlle sal Ek uit die stad uitgooi.