4 Daarom, mens, jy moet vir hulle sê wat Ek sê, jy moet dit sê.”
5 Toe kom die Gees van die Here in my en Hy sê vir my: “Jy moet vir hulle sê dat die Here sê: Volk Israel, dit is wat julle gesê het. Ek weet wat julle dink.
6 Julle het baie mense in hierdie stad vermoor, julle het die strate vol lyke gemaak.”
7 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Julle het dit gedoen, julle het die mense in die stad vermoor. Daarom is húlle die vleis, en die stad is die pot. Maar vir júlle sal Ek uit die stad uitgooi.
8 Julle was bang vir oorlog, en nou sal Ek oorlog oor julle bring.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
9 “Ek sal julle uit die stad uitgooi. Ek sal ander volke bring om oorlog te maak teen julle en Ek sal hulle laat wen. Ek sal julle straf.
10 Julle sal op die grens van die land Israel in die oorlog sterf. Ek sal julle straf, en julle sal weet dat Ek die Here is.