7 Ek het toe gedoen wat die Here vir my gesê het. Ek het in die dag die goed uitgebring wat ek sal wil saamneem wanneer ek in ’n ander land moet gaan woon en ek het in die aand ’n gat in die muur gebreek met my hande. Ek het in die donker uitgegaan. Hulle het gesien ek dra die goed op my skouer.
8 Die volgende oggend het ek gehoor die Here sê vir my:
9 “Mens, die opstandige volk, die volk Israel, het vir jou gevra wat jy doen.
10 Jy moet vir hulle sê dat Ek, die Here wat Here is, sê: Ek praat nou oor die koning in Jerusalem en oor die hele volk Israel wat in die stad is.
11 Jy moet sê dat jy vir hulle ’n teken is. Die vyande sal dieselfde met hulle doen wat jy gedoen het. Hulle sal gevangenes word en hulle sal in ’n ander land moet gaan woon.
12 Die koning wat tussen hulle is, sal sy goed in die donker op sy skouers sit en weggaan. Hy sal ’n gat deur die muur breek om uit te gaan en hy sal sy gesig toemaak sodat hy nie na die land kan kyk nie.
13 Ek sal my vangnet oor hom gooi en Ek sal hom vang. Ek sal hom na Babel bring, na Galdeër-land. Hy sal daardie land nie sien nie, maar hy sal daar sterf.