1 Party van die leiers van Israel het na my toe gekom en hulle het voor my kom sit.
2 Ek hoor toe die Here sê vir my:
3 “Mens, hierdie manne is lief vir hulle afgode. Hulle sonde is soos ’n klip waaroor hulle val. Ek wil nie hê hulle moet vir My iets vra nie, niks nie.
4 Daarom, jy moet met hulle praat, jy moet vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: As iemand van die volk Israel lief is vir sy afgode, dan moet hy weet dat sy sonde soos ’n klip is waaroor hy val. As hy dan na die profeet toe kom, dan sal Ek, die Here, hom self antwoord. Ek, die Here, sal self elke persoon antwoord soos Ek hom moet antwoord wanneer hy sy baie afgode dien.
5 Ek sal dit doen sodat almal van die volk Israel sal skrik wanneer hulle hoor wat Ek vir hulle sê, almal wat weggegaan het van My om hulle afgode te dien.