5 Wanneer wingerdhout nog nie gebrand het nie en dit ’n heel stuk hout is, dan kan ’n mens niks daarvan maak nie. En wanneer dit gebrand het, dan kan ’n mens dit glad nie gebruik nie.”
6 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daarom, Ek het die wingerdhout tussen die bome in die bos gemaak om dit te verbrand. Ek sal dieselfde doen met die mense wat in Jerusalem woon, Ek sal hulle verbrand.
7 Ek het hulle vyand geword. Hulle sal uit die vuur vlug, maar die vuur sal hulle brand. En julle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek hulle vyand geword het.
8 Ek sal die land verwoes, niemand sal daar kan woon nie omdat die mense wat daar woon, ontrou is.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.