54 Jy sal dan die slegte naam moet dra en jy sal baie skaam moet wees oor alles wat jy gedoen het om dit beter te laat gaan met hulle.
55 Jou suster Sodom en haar dogters sal weer die stad word wat hulle was, Samaria en haar dogters sal weer die stad word wat hulle was, en jy en jou dogters sal weer die stad word wat julle was.
56 Jy het graag gepraat oor jou suster Sodom. Dit was toe jy hoogmoedig was,
57 dit was toe almal nog nie gesien het hoe sleg jy is nie. Die Arameërs en almal wat naby hulle woon, spot nou vir jou, en al die Filistyne wat rondom jou is, lag vir jou.
58 Dit is jou slegte lewe wat jou nou laat swaarkry, al die dinge wat jy gedoen het wat Ek haat.”Dit is wat die Here gesê het.
59 Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek doen met jou wat jy gedoen het. Jy het gemaak of dit nie saak maak dat Ek jou vervloek nie, jy het die verbond gebreek.
60 Maar Ek sal weer dink aan die verbond wat Ek met jou gemaak het toe jy jonk was en Ek sal weer ’n verbond maak met jou, ’n verbond wat altyd sal aanhou.