1 Ek het gehoor die Here sê vir my:
2 “Mens, sal jy die bloedstad oordeel, die stad waar baie mense se bloed gevloei het? Sal jy die mense van die stad oordeel? Dan moet jy vir hulle vertel van al die slegte dinge wat hulle gedoen het.
3 Jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Die mense in die stad het mense vermoor, en nou het die tyd gekom om hulle te straf. Hulle het afgode gemaak en hulle het onrein geword.
4 Julle is skuldig, want julle het mense vermoor. Julle is onrein, want julle het afgode gemaak. Julle het self die dag laat nader kom wanneer Ek julle sal straf, julle het self julle dood nader gebring. Daarom gee Ek julle vir die ander volke in al die lande sodat hulle vir julle kan spot en vir julle kan lag.
5 Die volke sal almal vir julle lag, die volke wat ver van julle is en die volke wat naby julle is. Julle het verkeerde dinge gedoen, en almal praat sleg oor julle, julle het wilde en verkeerde dinge gedoen.