13 Ek het gesien dat Oholiba haarself onrein gemaak het. Sy het dieselfde dinge gedoen soos haar suster.
14 Oholiba het meer ontrou geword. Sy het prente van mans teen ’n muur gesien, prente van Galdeërs. Iemand het die prente geteken met rooi verf.
15 Elke man het ’n belt van lap om sy heupe gehad en ’n lang tulband op sy kop. Dit het gelyk of die mans offisiere is, hulle het gelyk soos Babiloniërs, soos Galdeërs wat kom uit hulle geboorteland.
16 Toe Oholiba die prente sien, het sy dadelik verlief geword op die Babiloniërs. Sy het boodskappers gestuur na hulle toe in Galdeër-land.
17 Hulle het na haar toe gekom en hulle het by haar geslaap en haar onrein laat word. Maar nadat sy haarself onrein gemaak het met hulle, het sy nie meer van hulle gehou nie.
18 Sy was heeltemal ontrou, sy het haar klere vir almal uitgetrek. Daarom het Ek opgehou om van haar te hou, soos Ek ook opgehou het om van haar suster te hou.
19 Sy het onthou hoe ontrou sy was in Egipte toe sy jonk was, en sy het nog meer ontrou geword.