16 Toe Oholiba die prente sien, het sy dadelik verlief geword op die Babiloniërs. Sy het boodskappers gestuur na hulle toe in Galdeër-land.
17 Hulle het na haar toe gekom en hulle het by haar geslaap en haar onrein laat word. Maar nadat sy haarself onrein gemaak het met hulle, het sy nie meer van hulle gehou nie.
18 Sy was heeltemal ontrou, sy het haar klere vir almal uitgetrek. Daarom het Ek opgehou om van haar te hou, soos Ek ook opgehou het om van haar suster te hou.
19 Sy het onthou hoe ontrou sy was in Egipte toe sy jonk was, en sy het nog meer ontrou geword.
20 Sy wou seks hê met die manne wat soos donkie-hingste en perde-hingste was.
21 Ja, Oholiba, jy het verlang na die slegte dinge wat jy in Egipte gedoen het toe jy jonk was en toe hulle aan jou borste gevoel het.”
22 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Oholiba, jy het dit gedoen, en daarom sal Ek nou die mense bring om jou aan te val. Jy was lief vir daardie mense, maar jy hou nou nie meer van hulle nie. Ek sal hulle van al die kante teen jou laat veg.