31 Jy het gelewe soos jou suster, daarom gee Ek nou vir jou die beker van swaarkry wat jou suster moes drink.”
32 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy sal die beker drink wat jou suster moes drink. Dit is ’n groot beker. Die ander volke sal vir jou lag en hulle sal jou spot, want in die beker is daar baie wat jy moet drink.
33 Jy sal dronk word en jy sal baie swaar kry. Jy sal baie bang word en jy sal heeltemal alleen wees wanneer jy die beker drink wat jou suster Samaria moes drink.
34 Jy sal alles in die beker drink en jy sal dit leegmaak, en dan sal jy die beker stukkend kou, jy sal jou borste afskeur, want Ek het gepraat.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
35 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy het My vergeet en jy het jou rug gedraai na My toe. Daarom sal Ek jou straf oor die slegte dinge wat jy gedoen het toe jy ontrou was.”
36 Die Here het vir my gesê: “Mens, jy moet vir Ohola en Oholiba oordeel. Jy moet vir hulle sê hulle het dinge gedoen wat Ek haat.
37 Want hulle het egbreuk gepleeg en hulle het mense vermoor. Hulle was ontrou, hulle het afgode gedien. Hulle het kinders gekry, dit was mý kinders, maar hulle het daardie kinders ook verbrand sodat die afgode hulle kon eet.