37 Want hulle het egbreuk gepleeg en hulle het mense vermoor. Hulle was ontrou, hulle het afgode gedien. Hulle het kinders gekry, dit was mý kinders, maar hulle het daardie kinders ook verbrand sodat die afgode hulle kon eet.
38 En hulle het ook nog dít gedoen: Hulle het op een dag my tempel onrein gemaak en my Sabbatdae ontwy.
39 Hulle het op een dag hulle kinders geslag vir hulle afgode en hulle het my tempel kom ontwy. Ja, dit is wat hulle gedoen het binne-in my tempel.
40 Hulle het ook boodskappers gestuur om manne te nooi, die manne moes van ver kom. Toe die boodskapper by hulle kom, het hulle dadelik gekom. Jy, Oholiba, het gebad en jy het verf aan jou oë gesmeer en jy het jou juwele aangesit.
41 Jy het gaan sit op ’n baie mooi bed, en jy het ’n tafel voor die bed gesit. Op die tafel het jy my wierook en my olyf-olie gesit.
42 Daar was ’n klomp mense in die stad, en hulle was oor niks bekommerd nie. Saam met hulle almal was daar ook die manne wat uit die woestyn gekom het. Hulle was dronk en hulle het armbande aan Oholiba se arms gesit en ’n mooi kransie op haar kop.
43 Ek het gedink: Sy is moeg van egbreuk pleeg, wil sy nou aanhou om ontrou te wees?