42 Daar was ’n klomp mense in die stad, en hulle was oor niks bekommerd nie. Saam met hulle almal was daar ook die manne wat uit die woestyn gekom het. Hulle was dronk en hulle het armbande aan Oholiba se arms gesit en ’n mooi kransie op haar kop.
43 Ek het gedink: Sy is moeg van egbreuk pleeg, wil sy nou aanhou om ontrou te wees?
44 Maar hulle het na haar toe gekom soos manne wat na ’n prostituut toe kom. Dit is hoe hulle gekom het na Ohola en Oholiba toe, die slegte vroue.
45 Manne wat reg doen, moet hierdie vroue oordeel. Hulle moet hulle oordeel soos mense vroue oordeel wanneer hulle egbreuk gepleeg het en mense vermoor het. Want hierdie twee vroue het egbreuk gepleeg en hulle het mense vermoor.”
46 Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy moet ’n volksvergadering laat bymekaarkom om die twee vroue te oordeel. Almal moet skrik wanneer hulle sien wat met die vroue gebeur, almal moet sien dat daar niks van hulle oorbly nie.
47 Die volksvergadering moet die twee vroue doodgooi met klippe en stukkend kap met byle. Hulle moet ook die twee vroue se kinders doodmaak en hulle huise verbrand.
48 So wil Ek die slegte dinge in die land stop. Al die vroue moet bang word, hulle moenie dieselfde slegte dinge doen nie.