1 Ek het gehoor die Here praat met my. Dit was in die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende dag van die maand. Hy het gesê:
2 “Mens, jy moet opskryf watter dag dit is, presies hierdie datum. Die koning van Babel het Jerusalem vandag aangeval.
3 Jy moet vir hierdie opstandige volk ’n gelykenis vertel. Jy moet vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Jy moet ’n pot op die vuur sit, jy moet dit opsit en jy moet water daarin gooi.
4 Dan moet jy die stukke vleis in die pot sit, boude en skouerblaaie, jy moet dit volmaak met die beste vleis en bene.