2 “En jy, mens, jy moet ’n klaaglied sing oor die stad Tirus.
3 Tirus is by die see en daardie mense koop en verkoop goed aan die volke van baie lande by die see. Jy moet vir Tirus sê:“Die Here, Hy wat Here is, sê:Tirus, jy het altyd gesê jy is’n mooi stad,so mooi soos die mooiste stad.
4 Jy regeer tot ver op die diep see,en die mense wat jou gebou het,het jou soos ’n mooi skip gemaak,so mooi soos die mooiste skip.
5 Hulle het jou twee kante gemaakvan sipreshout van die land Senir,hulle het ’n sederboomop die Libanon-berg gaan haalom vir jou ’n maspaal te maak,
6 hulle het jou roeispane gemaak van eikehout van Basan,hulle het jou dek gemaakvan sipreshout van die Kittiër-eilande,en hulle het stukkies ivoor ingesitin die dek.
7 Jou seile was van bont linne van Egipte.Die seile het vir ander skepegewys wie jy is.Jy het jou toegemaak met persen rooi wol-materiaalvan die Elisa-eilande.
8 Mense van die stede Sidon en Arwadhet jou geroei.Jy self, Tirus, het mense gehadwat die see geken het,hulle was jou matrose.