3 Jy het meer wysheid gehad as Daniël, jy kon help met al die probleme.
4 Jy het jou wysheid en verstand gebruik om ryk te word. Jy het jou stoorkamers vol goud en silwer gemaak.
5 Jy het jou groot wysheid gebruik om goed te koop en te verkoop en jy het nóg ryker geword. Maar toe het jy hoogmoedig geword omdat jy ryk is.”
6 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Jy het gemaak of jy ’n god is,
7 daarom sal Ek vreemde mense bring om jou aan te val. Hulle is wrede mense en hulle sal jou met hulle swaarde doodmaak, jy, die mooi en wyse koning. Hulle sal jou lig dof laat word.
8 Hulle sal jou laat afgaan na die doderyk, jy sal in die middel van die see sterf soos iemand in ’n oorlog sterf.
9 Sal jy dan nog sê dat jy ’n god is, daar voor die mense wat jou doodmaak? Sal jy dit sê wanneer hulle met jou doen wat hulle wil? Nee. Jy is ’n mens, jy is nie ’n god nie.