10 Daarna het die Here vir my gesê: “Mens, jy moet goed luister en jy moet onthou wat Ek vir jou sê.
11 Jy moet na die Judeërs toe gaan wat in Babel is, na jou mense toe, en jy moet met hulle praat en vir hulle sê wat Ek, die Here, sê. Jy moet dit doen, as hulle luister en ook as hulle nie luister nie.”
12 Die Gees het my opgetel, en toe hoor ek agter my ’n groot aardbewing en ’n persoon wat sê: “Almal moet die Koning prys wanneer Hy uit die hemel kom!”
13 Ek het ook gehoor hoe skuur die diere se vlerke teen mekaar en hoe rol die wiele langs hulle. Dit was soos ’n groot aardbewing.
14 Die Gees het my opgetel en Hy het my saamgeneem. Ek het gegaan, maar ek was kwaad en ontsteld. Ek het gevoel die Here sit sy hand hard op my.
15 Ek het by die Judeërs in Tel-Abib gekom, hulle het langs die Kebar-kanaal gewoon. Ek het sewe dae lank daar tussen hulle gesit. Ek was so hartseer en ontsteld dat ek niks kon sê nie.
16 En toe, ná die sewe dae, het ek gehoor die Here sê vir my: