10 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die sederboom het hoog gegroei en sy boonste punt was tussen die wolke. Toe het hy hoogmoedig geword omdat hy so groot was.
11 Daarom het Ek die boom vir die sterkste man van al die volke gegee sodat hy met die boom kon doen wat hy wil. Die man het vir die boom die straf gegee wat hy moes kry, want die boom was sleg. Ek het die groot sederboom weggegooi.
12 Vreemde mense, wrede volke, het die boom afgekap en omgegooi. Sy takke het geval op die berge en in al die valleie. Sy takke het gebreek en dit het in al die waterslote gelê. Al die volke van die aarde het weggegaan uit die skaduwee van die boom en hulle het die boom daar laat lê.
13 Toe die boom daar lê, het al die voëls op hom kom sit en al die diere het tussen sy takke kom staan.
14 Dit het gebeur sodat almal moet weet dat ’n boom by die water nooit weer so hoog sal groei dat sy boonste punt tussen die wolke is nie. Almal moet weet dat ’n boom wat water kry, nooit weer so groot sal word nie. Almal wat soos hierdie boom is, sal moet sterf. Hulle sal afgaan na die land daar onder, hulle sal afgaan tussen die ander mense, die mense wat afgaan in die graf.”
15 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek het die diep water laat rou oor die groot sederboom. Ek het die sederboom laat toemaak daardie dag toe hy afgegaan het na die doderyk. Ek het die riviere laat ophou vloei en Ek het die baie water teruggehou. Ek het die Libanon-berg laat rou oor die groot sederboom, en al die bome het flou geword oor die sederboom.
16 Ek het die volke laat bewe toe hulle hoor hoe die boom val. Dit was toe Ek die boom laat afgaan het na die doderyk saam met die mense wat afgaan in die graf. Al die bome van Eden, die beste en mooiste bome op die Libanon-berg wat water gekry het, het beter gevoel in die land daar onder, die doderyk.