13 Toe die boom daar lê, het al die voëls op hom kom sit en al die diere het tussen sy takke kom staan.
14 Dit het gebeur sodat almal moet weet dat ’n boom by die water nooit weer so hoog sal groei dat sy boonste punt tussen die wolke is nie. Almal moet weet dat ’n boom wat water kry, nooit weer so groot sal word nie. Almal wat soos hierdie boom is, sal moet sterf. Hulle sal afgaan na die land daar onder, hulle sal afgaan tussen die ander mense, die mense wat afgaan in die graf.”
15 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek het die diep water laat rou oor die groot sederboom. Ek het die sederboom laat toemaak daardie dag toe hy afgegaan het na die doderyk. Ek het die riviere laat ophou vloei en Ek het die baie water teruggehou. Ek het die Libanon-berg laat rou oor die groot sederboom, en al die bome het flou geword oor die sederboom.
16 Ek het die volke laat bewe toe hulle hoor hoe die boom val. Dit was toe Ek die boom laat afgaan het na die doderyk saam met die mense wat afgaan in die graf. Al die bome van Eden, die beste en mooiste bome op die Libanon-berg wat water gekry het, het beter gevoel in die land daar onder, die doderyk.
17 Daardie bome het saam met die sederboom afgegaan na die doderyk, na die mense toe wat in oorlog gesterf het, die mense wat hom sterk gemaak het en wat tussen die volke in sy skaduwee gesit het.
18 Farao, watter bome in Eden was so belangrik en so groot soos jy? Nie een nie. Nou sal jy ook moet sterf en afgaan na die land daar onder saam met die bome van Eden. Jy sal daar lê tussen die mense, niemand respekteer daardie mense nie. Jy sal daar lê saam met die mense wat in oorlog gesterf het, jy en al jou soldate.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.