4 Daar was baie water by die sederboom.Die water het die boom groot laat word.Die diep water het hom hoog laat groeien dit het strome water laat vloeirondom die plekwaar die boom gegroei het.Die strome water het gevloeina al die bome.
5 Die sederboom het hoër gegroeias al die ander bome,dit het groot takke en lang blare gekry,want dit het baie wateruit die waterslote gekry.
6 Al die voëls het hulle neste kom maakin die takke van die groot boom,die wilde diere het kleintjies gekryonder die boom,en al die baie volke hetin sy skaduwee kom woon.
7 Die boom was mooi en hy was groot.Sy takke was lank,want sy wortels was by baie water.
8 Die ander sederbome in die godetuinkon nie hoër groei as hy nie,die sipresbome was nie soos hy nie,en die plataanbome was nie so grootsoos die sederboom se takke nie.Nie een boom in die godetuin was so mooisoos hy nie.
9 Ek het die boom mooi gemaak,Ek het vir hom baie takke gegee.Al die ander bome van Edenwat in die godetuin was,was jaloers op die groot boom.”
10 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die sederboom het hoog gegroei en sy boonste punt was tussen die wolke. Toe het hy hoogmoedig geword omdat hy so groot was.