1 Die Here het met my gepraat. Dit was die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste dag van die maand. Ek het gehoor die Here sê vir my:
2 “Mens, jy moet ’n klaaglied sing oor die farao, die koning van Egipte. Jy moet vir hom sê:“Jy het gedink jy is ’n leeu tussen die volke,maar Ek het jou stilgemaak.Jy was soos die watermonster,jy het in jou waterstrome rondgetrap,jy het die water vuil en vol moddergemaak met jou pote,jy het die waterstrome vuil gemaak.”
3 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal my vangnet oor jou gooi en Ek sal baie volke bymekaar laat kom. Hulle sal jou vang en optrek in my vangnet
4 en Ek sal jou uitgooi op die grond. Ek sal jou in die oop veld gooi en Ek sal sê al die voëls moet op jou kom sit. Ek sal vir al die diere van die aarde sê hulle moet jou eet totdat hulle vol is.