3 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal my vangnet oor jou gooi en Ek sal baie volke bymekaar laat kom. Hulle sal jou vang en optrek in my vangnet
4 en Ek sal jou uitgooi op die grond. Ek sal jou in die oop veld gooi en Ek sal sê al die voëls moet op jou kom sit. Ek sal vir al die diere van die aarde sê hulle moet jou eet totdat hulle vol is.
5 Ek sal jou vleis op die berge neersit en Ek sal die valleie volmaak met die stukke wat oorgebly het van jou.
6 Jou bloed sal op die berge uitvloei, en Ek sal die aarde nat laat word met jou bloed, die waterslote sal vol bloed word.
7 Wanneer Ek jou laat sterf, dan sal Ek die lug toemaak en Ek sal die sterre donker laat word. Ek sal die son met ’n wolk toemaak, en die maan sal nie meer sy lig laat skyn nie.
8 Ek sal al die sterre donker laat word, die sterre wat in die lug skyn, en Ek sal dit donker maak in jou land.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
9 “Ek sal baie volke hartseer en ontsteld maak wanneer Ek jou by die volke stukkend breek in lande wat jy nie ken nie.