9 “Ek sal baie volke hartseer en ontsteld maak wanneer Ek jou by die volke stukkend breek in lande wat jy nie ken nie.
10 Ek sal baie volke groot laat skrik oor wat met jou gebeur. Hulle konings sal bewe oor jou wanneer Ek my swaard voor hulle swaai. Hulle almal sal aanhou bewe op die dag wanneer jy sterf.”
11 Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Die swaard van die koning van Babel sal na jou toe kom.
12 Ek sal jou baie soldate laat doodmaak. Ek sal manne stuur wat goed oorlog kan maak. Hulle almal is wrede mense, hulle sal alles verwoes waarop Egipte trots is, hulle sal al Egipte se soldate doodmaak.
13 Ek sal al die diere van Egipte laat verdwyn, die diere by die baie water. ’n Mens se voet of ’n dier se poot sal nie weer die water vuil maak nie.
14 Dan sal Ek die water weer stil laat word, die riviere sal soos strome olyf-olie vloei.
15 Ek sal Egipte ’n land maak waar niemand kan woon nie en Ek sal alles wegvat wat in die land is. Ek sal almal laat sterf wat in die land woon, dan sal hulle weet dat Ek die Here is.