11 Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Nou sal Ek self my skape en bokke soek en vir hulle sorg.
12 ’n Herder soek die skape en bokke wat wegraak uit sy trop. So sal Ek my skape en bokke soek en Ek sal hulle red uit al die plekke waarnatoe hulle moes gaan daardie dag toe die donker wolke gekom het.
13 Ek sal hulle uitbring tussen die volke, Ek sal hulle bymekaarmaak uit die ander lande, en Ek sal hulle na hulle eie land bring. Hulle sal wei op die berge van Israel, langs die waterstrome en oral waar daar mense kan woon.
14 Ek sal my skape en bokke laat wei op goeie weiveld. Die hoë berge van Israel sal hulle weiveld wees. My skape en bokke sal wei op die vrugbare weiveld op die berge van Israel.
15 Ek sal self my skape en bokke se herder wees, en Ek sal hulle laat lê en rus nadat hulle genoeg geëet het.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
16 “Ek sal die skape en bokke soek wat weggeraak het. Ek sal die skape en bokke terugbring wat oral rondloop. Ek sal hulle seerplekke toedraai, Ek sal die swak skape en bokke weer sterk laat word, maar Ek sal die vet en die sterk skape en bokke doodmaak. Ek sal reg oordeel wanneer Ek self hulle herder is.”
17 Die Here, Hy wat Here is, sê: “En julle, my eie trop skape en bokke, Ek sal nou die regter wees tussen die verskillende skape en tussen die skaap-ramme en bok-ramme.