26 Ek sal vir julle ’n nuwe hart en ’n nuwe gees gee. Ek sal die harde klip-hart uithaal uit julle liggame en Ek sal vir julle ’n sagte hart van vleis gee.
27 Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal julle laat lewe soos Ek wil hê, Ek sal julle laat doen wat Ek sê.
28 Julle sal woon in die land wat Ek vir julle voorvaders gegee het. Julle sal my volk wees, en Ek sal julle God wees.
29 Ek sal julle red van alles wat julle onrein gemaak het. Ek sal praat met die koring en Ek sal die koring baie laat word. Julle sal nie weer honger wees nie.
30 Ek sal vir die bome sê om baie vrugte te dra, en daar sal baie koring op die lande wees. Dan sal julle nie weer honger wees en julle sal nie weer hoor hoe die ander volke julle spot nie.
31 Julle sal onthou hoe sleg julle gelewe het en julle sal onthou wat julle verkeerd gedoen het. Julle sal naar word oor julle sondes en oor die dinge wat julle gedoen het, dinge wat Ek haat.
32 Dit is nie vir júlle wat Ek dit sal doen nie, dit moet julle weet. Israel, julle moet skaam wees en jammer voel oor wat julle gedoen het.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.