18 Daardie dag, wanneer Gog in die land Israel kom, sal Ek baie kwaad word.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
19 “Ek is baie lief vir my volk, Ek sal kwaad word wanneer jy hulle aanval. Ek sê dit nou: Daardie dag sal daar ’n groot aardbewing kom in die land Israel.
20 Alles sal bewe voor My: die visse, die voëls, die diere, die klein diertjies wat op die grond rondkruip, en al die mense in die land. Die berge sal val, die rotse sal val, elke muur in die land sal omval.
21 Ek sal sê almal op my berge moet oorlog maak teen Gog.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.“Gog se soldate sal mekaar doodmaak.
22 Ek sal pes en dood, reën-storms en hael stuur om hom te straf. Ek sal vuur en swael op hom laat val soos reën. Dit sal ook val op sy soldate en op die baie mense van ander volke wat by hom is.
23 Ek sal vir al die volke wys dat Ek ’n groot en ’n heilige God is. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”