7 Ek sal vir my volk Israel wys dat Ek die heilige God is. Ek sal my heilige Naam nie weer laat ontwy nie. Die ander volke sal weet dat Ek die Here is, die Heilige God van Israel.
8 Luister, dit kom, dit sal gebeur, dit is die dag waarvan Ek gepraat het.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
9 “Die mense wat in die stede van Israel woon, sal uitgaan. Hulle sal vuurmaak en die wapens verbrand: die skilde, die pyl en boë, die stokke en die spiese. Hulle sal sewe jaar lank vuurmaak met al die wapens.
10 Hulle sal nie hout in die veld gaan haal of bome afkap in die bos nie, want hulle sal vuurmaak met die wapens. Hulle sal die goed terugvat wat die vyande voorheen gevat het, hulle sal alles terugvat wat die vyande wou wegvat.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
11 “Daardie dag sal Ek vir Gog ’n plek in die land Israel gee. Sy graf sal daar wees. Dit sal in die vallei oos van die Dooie See wees. Die mense wat deur die land wil gaan, kom daar verby. Maar wanneer die graf daar is, dan sal die mense nie meer daar kan verbygaan nie. Hulle sal die plek noem ‘Die vallei van Gog se soldate.’
12 Die volk Israel sal sewe maande lank die dooie mense begrawe. Hulle sal dit doen om die land te reinig.
13 Al die mense van die land sal die dooie mense begrawe, en wanneer Ek wys dat Ek die Koning is, dan sal almal die mense van hierdie land respekteer.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.