5 Ek het besluit jy moet 390 dae lank op jou linker-sy lê en jy moet die straf dra, een dag vir elke jaar van die straf van die volk Israel.
6 En wanneer jy dit klaar gedoen het, dan moet jy weer lê, op jou regter-sy, en jy moet 40 dae lank die straf van die volk Juda dra. Ek het besluit jy moet die straf dra, een dag vir elke jaar.
7 Jy moet jou gesig draai na Jerusalem, die stad wat vyande rondom het. Jy moet jou moue oprol en jy moet ’n profeet wees en ’n boodskap bring teen die stad.
8 Kyk, Ek bind jou vas met toue sodat jy nie van die een sy op die ander sy kan draai nie. Wanneer jy klaar die stad van al die kante aangeval het, dan kan jy omdraai.
9 En jy moet koring en gars en boontjies en lensies en sorghum en spelt neem. Jy moet dit saam in ’n bak sit en vir jou kos maak. Jy moet dit eet so lank soos jy op jou sy lê, 390 dae lank.
10 Jy moet elke dag 20 sikkels van die kos eet. Jy moet ’n bietjie eet, en later moet jy weer ’n bietjie eet.
11 En jy moet meet hoeveel water jy moet drink. Dit moet een sesde hin wees. Jy moet ’n bietjie drink, en later moet jy weer ’n bietjie drink.