36 Daar was kamers en pilare en ’n voorportaal en vensters in al die mure. Die poort was 50 el lank en 25 el breed.
37 ’n Mens kon deur die voorportaal gaan om in die buitenste oop stuk grond te kom, en daar was palmbome uitgesny op die pilare langs altwee kante. ’n Mens het teen ag trappe opgegaan in die poort.
38 Daar was nog ’n kamer. Die kamer se deur was in die voorportaal van die poort. Hulle het die vleis vir die brand-offer daar afgespoel.
39 In die voorportaal van die poort was twee tafels langs elke kant. Hulle het die diere vir die brand-offer en die sonde-offer en die skuld-offer op die tafels geslag.
40 Daar was twee tafels buite, langs die trappe waar ’n mens in die noord-poort ingaan, en daar was twee tafels by die ander kant van die voorportaal van die poort.
41 Daar was vier tafels buite en vier tafels binne-in die poort. Die priesters het die diere vir die offers op die tafels geslag.
42-43 Die vier tafels waar hulle die diere vir die brand-offer geslag het, was gemaak van gekapte klip. Elke tafel was een en ’n halwe el lank en een en ’n halwe el breed en een el hoog. Daar was lae muurtjies teen die mure van die poort, die lae muurtjies was een handbreedte breed. Die priesters het die diere geslag vir die brand-offer en die ander offers, en hulle het dan hulle gereedskap op die lae muurtjies neergesit. Hulle het die offer-vleis op die tafels neergesit.