9 Toe meet hy die voorportaal. Dit was ag el lank. Die pilare van die voorportaal was twee el dik. Die voorportaal van die poort was aan die voorkant van die tempel.
10 Daar was drie kamers langs elke kant van die poort. Die kamers was ewe groot en die pilare langs altwee kante was ewe dik.
11 Die man het gemeet hoe breed die poort is waar ’n mens ingaan. Dit was tien el. Die poort was 13 el lank.
12 Daar was ’n lae muur voor die kamers langs altwee kante. Die muur was een el hoog. Die kamers langs altwee kante was ses el breed.
13 Die man het ook gemeet hoe breed die poort is, van die een buitemuur tot by die ander buitemuur. Dit was 25 el. Die deure van die kamers was oorkant mekaar.
14 Hy het ook die voorportaal gemeet. Dit was 60 el tot by die eerste pilaar van die oop stuk grond agter die poort.
15 Dit was 50 el van die voorkant van die poort waar ’n mens kon ingaan, tot by die voorkant van die voorportaal van die binneste poort.