10 en die kamers op die oop stuk grond. Die oop plek was 20 el breed en dit was langs al die kante van die tempel.
11 ’n Mens kon van die oop plek ingaan in die gebou wat teen die tempelmure was. ’n Mens kon ingaan by die noordekant of by die suidekant. Die muur van die oop plek was oral 5 el breed.
12 Daar was ook ’n gebou op die westekant van die oop plek. Die gebou was 70 el breed, en die muur van die gebou was oral 5 el dik. Die gebou was 90 el lank.
13 Die man het toe die tempel gemeet. Dit was 100 el lank, en die oop plek saam met die gebou en sy mure was ook 100 el lank.
14 Die oop plek oos van die tempel was 100 el breed.
15 Die man het gemeet hoe breed die gebou is langs die oop plek agter die tempel. Hy het dit gemeet saam met die gange langs die twee kante van die gebou, dit was 100 el.Die voorste en die agterste kamers van die tempel was toe met planke, en ook die voorportale waardeur ’n mens na die oop stukke grond kon gaan,
16 die drumpels, die vensters met die hortjies, die vensterbanke by die drie kante, en die voorkante van die drumpels, dit alles was toe met planke. Dit was toegemaak met planke, van die vloer tot by die vensters, en die venster-rame was ook van hout gemaak.