4 Die lig wat om die Koning, die Here, is, het na die tempel gekom deur die buitenste oos-poort.
5 Toe het die Gees my opgetel en my gebring na die binneste oop stuk grond, en hier het die lig wat om die Koning, die Here, is, die tempel volgemaak.
6 Ek het gehoor Iemand praat met my uit die tempel. Die man het nog langs my gestaan.
7 Die Persoon het gesê: “Mens, hier is die plek waar Ek op my troon sal sit en die plek waar Ek my voete sal sit. Ek wil altyd hier woon tussen die Israeliete. Die volk Israel, die mense en hulle konings, sal nie weer ontrou wees aan My nie, hulle sal nie my heilige Naam ontwy nie, hulle sal nie weer die lyke van hulle konings hier kom begrawe nie.
8 Die konings het die drumpel en die raam van die deur van hulle paleis teen my tempel gesit. Daar was net ’n muur tussen hulle en My. Hulle het my heilige Naam onrein laat word met die dinge wat hulle gedoen het, dinge wat Ek haat. Ek het kwaad geword en Ek het hulle laat sterf.
9 Die volk moet nou ophou om ontrou te wees aan My en hulle moet hulle konings se lyke wegvat ver van My. Dan sal Ek altyd tussen hulle woon.
10 Jy, mens, jy moet vir die volk Israel vertel van my tempel, sodat hulle dit kan meet en skaam kan word oor al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.