1 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die oos-poort na die binneste oop stuk grond moet toe bly op die ses werkdae. Maar hulle moet die poort oopmaak op die Sabbatdag en op die Nuwemaan-dag.
2 Dan moet die regeerder van buite inkom deur die voorportaal van die poort en hy moet by die drumpel van die poort gaan staan. Die priesters moet dan die regeerder se brand-offers en ete-offers offer. Daarna moet die regeerder by die drumpel buig, en dan moet hy uitgaan. Maar hulle moenie die poort sluit voor die aand nie.
3 Die gewone mense moet elke Sabbatdag en elke Nuwemaan-dag by die deur van dieselfde poort voor die Here kom buig.
4 Die brand-offer wat die regeerder vir die Here moet bring op die Sabbatdag, is ses gesonde lammers en ’n gesonde skaap-ram.